• Getuienisse  >
  • Finansies      >
  •  Bestel Boeke
  •  Nuusbriewe
  •  Artikels
  •  Jaarprogram
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Vir navrae oor seminare en om U data op te dateer
Wie is ons

In 1978 het Sors en Lida ‘n seminaar vir egpare bygewoon wat deur ‘n Amerikaner, ene Tim Timmons, aangebied is. Hulle het die seminaar baie geniet en is veral getref deur die rol wat humor in die aanbiedings gespeel het. Sors en Martiens Swart, wat saam met hom in die gemeente was, het toe ‘n soortgelyke naweekseminaar in hul gemeente aangebied. Hierna het sakevriende van Sors by hom aangedring om ‘n seminaar vir sakemanne en hul gades aan te bied.

Sors (toe nog ‘n jong dominee!), het uiteindelik geswig voor die aandrang en het in 1980, saam met Prof. Dion du Plessis van Tukkies se Mediese Fakulteit en ‘n kollega van Springs ‘n 3-dag seminaar vir 16 pare (gemeentelede) aangebied by Old Bushmens Rock Hotel in die Witrivier omgewing.

Die resultaat was sodanig dat die aanvraag vir nog ‘n seminaar sterk was. Sors-hulle het besluit om dit te doen, en die res is geskiedenis.