• Getuienisse  >
  • Finansies      >
  •  Bestel Boeke
  •  Nuusbriewe
  •  Artikels
  •  Jaarprogram
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Vir navrae oor seminare en om U data op te dateer
Ondersteun die Bediening

Een van ons seminaargangers van jare gelede sê graag: “Ek beskou my maandelikse bydrae as ‘n belegging in die ewigheid” en ons weet dat elke sent wat mense bydra, lewens direk raak en/of verander. Juis om hierdie rede is ons die Here innig dankbaar dat Hy dit so beskik het dat ons nou as Artikel 21 Maatskappy sonder winsbejag, Artikel 18-A belastingvoordele kan geniet. (Kliek hier vir Artikel 18-A belastingvoordele).

Op grond van hierdie status is ons geregtig daarop om i.t.v. Artikel 18-A van die belastingwet belastingsertifikate vir SKENKINGS (Kliek hier vir die eenmalige of periodieke skenking of maandelikse Debietorder) uit te reik omdat dit as ‘n aftrekking aan skenkers toegelaat word.

Skenkings aan LEWENSVERRYKING word primêr aangewend om:
  • LEWENSVERRYKING SEMINARE te bedryf
  • persone wat nie die seminaarfooi kan bybring nie, te finansier
  • die seminare bekostigbaar te hou
Beperkings:
‘n Maksimum van 10% van ‘n persoon of besigheid se belasbare inkomste per jaar word as skenking toegelaat. Persone wat ‘n SKENKING gee, ontvang aan die einde van die belastingjaar ‘n belastingsertifikaat.

Wanneer ‘n persoon of maatskappy vir iemand betaal /iemand borg om ’n seminaar by te woon, is dit nie ‘n skenking aan Lewensverryking nie en kan ‘n belastingsertifikaat dus nie uitgereik word nie.