• Getuienisse  >
  • Finansies      >
  •  Bestel Boeke
  •  Nuusbriewe
  •  Artikels
  •  Jaarprogram
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Vir navrae oor seminare en om U data op te dateer
Opvolgseminaar vir Enkellopers

Lewensverryking Seminare se Opvolgseminaar vir Enkellopers voel in meer as een opsig soos ’n reunie. Omdat baie van die seminaargangers mekaar alreeds vantevore leer ken het, is dit een groot lekker saamkuier. Baie het probleem-situasies deurgewerk en sake wat pyn veroorsaak het, is genees. Dit het tot gevolg dat die atmosfeer by die seminaar baie meer ontspanne en vol pret is. Die trant van die seminaar is geestelike verdieping, en ’n verkenning van maniere waarop alleen wees sinvol hanteer kan word, en selfs geniet kan word.

Temas wat bespreek word is die volgende:
  • My tyd met God: Praktiese sessies van stil word voor die Here.
  • ‘n Lewe vol vreugde: Ons kyk na stres en uitbranding wat die vreugde van die lewe steel.
  • ‘n Bybelse resep vir vrede en vreugde: God se oplossing vir ‘n lewe sonder stres en uitbranding.
  • The Pineapple Story: Die verhaal van ‘n sendeling wat bg. beginsels op ‘n praktiese manier geleer het.