• Getuienisse  >
  • Finansies      >
  •  Bestel Boeke
  •  Nuusbriewe
  •  Artikels
  •  Jaarprogram
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Vir navrae oor seminare en om U data op te dateer
Seminaar vir Enkellopers

Lewensverryking Seminare vir enkellopers bied ‘n unieke ervaring vir individue van alle ouderdomme. Van die heel jonges, pas uit die skool, tot dié wat omtrent nie meer kan onthou van skool nie. Dit sorg vir lekker variasie ten opsigte van persoonlikhede, lewensbeskouing en smaak.

Die verskillende groepe se lewenservaring verskil natuurlik grootliks, maar daar is gewoonlik genoeg mense om te verseker dat daar êrens 'n groepie gaan wees by wie jy aanklank vind.

Seminaargangers is dikwels verwonderd om te kom ontdek hoe baie enkellopers daar is, en vind dit baie sinvol om hul ervaring van alleen wees met ander te deel. Dis juis die gedeelde ervaring wat vir baie mense genesing van hulle seer bring, en omdat ons bid dat die genesing deur die Heilige Gees bewerkstellig sal word, is dit blywende genesing. ‘n Interessante uitvloeisel van die saam wees op die seminaar, is dat groepe wat vriende word, die vriendskap in hul tuisomgewing verder vat, en dat dit tot ‘n heerlike saam kuier en doen lei, wat maak dat enkel wees glad nie meer ‘n probleem is nie.