• Getuienisse  >
  • Finansies      >
  •  Bestel Boeke
  •  Nuusbriewe
  •  Artikels
  •  Jaarprogram
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Vir navrae oor seminare en om U data op te dateer
Seminaar vir Egpare

‘n Jaar getroud of 50 jaar? Ernstige huweliksprobleme? Dalk geen probleme nie? Moedeloos? Maak nie saak wat jou situasie is nie, hierdie seminaar sit die vonk weer terug in jou huwelik. Hier word stukkende mense heel en heel mense baie meer borrelend en bruikbaar. En dit alles gebeur te midde van volop pret, baie humor en lekkerte.

Kom word bederf by die Midway Inn Hotel in Middelburg of by die Swellengrebel hotel in Swellendam, weg van die kinders en die alledaagse gejaag na wind. Egpare word hier geleer om nuut na hulself en hul verhouding te kyk in die lig van hoe God bedoel het dit moet wees.

Vir derduisende egpare het hierdie seminaar sedert 1980 ‘n totale ommekeer in hulle huwelik tot gevolg gehad. Egpare wat baie jare gelede die seminaar bygewoon het, getuig vandag nog van die verrykende invloed wat dit op hulself, hul huwelik, gesin en ander verhoudings gehad het.

Hierdie totale ommekeer is dikwels die uitvloeisel van verbeterde kommunikasie en 'n beter insig in wat dit is wat tot 'n goeie verhouding lei.