• Getuienisse  >
  • Finansies      >
  •  Bestel Boeke
  •  Nuusbriewe
  •  Artikels
  •  Jaarprogram
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Vir navrae oor seminare en om U data op te dateer
Manneseminaar getuienisse

Karl van Meersbergen
Ek het seminaar toe gekom en die Here gevra om my weer van vooraf te leer lees en bid. En ai, Hy het. Wat ek van die seminaar af wegvat, is dat ek moet huis toe gaan en baie seer moet gaan regmaak. Dit wat ek my gesin, my vrou ontneem het die laaste paar maande. Ek wil net aan die Here die lof en die eer gee vir wat Hy in my lewe doen, en vir wat ek weet Hy in die toekoms gaan doen.

Piet Germishuys
Ek het die naweek van die Manneseminaar kans gekry om my lewe weer in perspektief te kry, my prioriteite is weer reg. Ek het ’n paar besluite geneem en ek het ’n werk om te doen, veral met my laaitie. Hy’s nou 19 jaar oud en ek en hy moet ’n paar goedjies uitsorteer.