• Getuienisse  >
  • Finansies      >
  •  Bestel Boeke
  •  Nuusbriewe
  •  Artikels
  •  Jaarprogram
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Vir navrae oor seminare en om U data op te dateer
Huweliksvoorbereiding getuienisse

Erik Fourie
In die eerste plek het ek Jesus Here van my lewe gemaak tydens die Huweliksvoorbereidingseminaar. Dan, my verloofde sê altyd vir my, (ietwat sarkasties) “Ja Erik, jy’s altyd reg”. Dis die gevolg daarvan dat ek ‘n 95% linkerbrein 1 profiel het. Ek het die naweek besef ek sal moet sterf aan myself en het besef ek is nie maar altyd reg nie, al voel ek ek is. My verwagting vir die naweek wás om ’n bietjie beter met my verloofde te kommunikeer. Nou besef ek dat as ek ook haar punt insien, en nie net altyd my eie linkerbreinkop wil volg nie, dit baie sal help.

Renate Stoop
Die bespreking van breinprofiele die Vrydagaand met die seminaar het my laat besef hoe erg ek en Anton van mekaar verskil ten opsigte van ons maniere van dink. Ek het nogal geskrik en gedink die huwelik gaan dit nie maak nie. Die naweek het julle ons egter so mooi begelei, en alles val net mooi in plek. Ek het besef, al verskil ons soos dag en nag, ons het nou die toerusting en ons gaan ’n mean team maak. Ek gaan bietjie emosies inbring en hy gaan my kop weer op die regte pad hou en die admin vir ons doen. Die naweek het vir my regtig baie rustigheid daaroor gegee.