|
|
Egpaar getuienisse
Bernadette Grové Ek wil graag oor geloofsekerheid die volgende sê: dit voel vir my ons wil dinge altyd so complicated maak. Dit was by my ook die geval, want telkens kry jy jouself dat jy sê, “Here, ek gee nou my hart vir U”, en dan môre, oormôre, is dit ’n geval van, “Ag, ek het nou weer gesondig, ag Here, ek gee nou weer my hart vir U”. Ons doen dit oor en oor, en eintlik is dit so eenvoudig, want as ek dit eenkeer gedoen het, het ek dit gedoen. En ek het dit met hierdie seminaar besef. Ek hét dit nou gedoen en ek hoef dit nie weer te doen nie, dis eenvoudig.
Hannes Grové Toe ek ná die kommunikasie lesing met my vrou praat, het ek besef ek is ‘n kind van die Here, ek is baie lief vir Hom en ek het ’n passie vir Hom, maar steeds het ek foute. Ek het vandag besef my grootste sonde is trots. Daar is nog soveel trots in my. Maar ek is hier, en ek hoop dat ek sonder ’n krieseltjie trots sal teruggaan huis toe.
|
|
|