|
|
Egpaar opvolg getuienisse
Sarel en Teresa Vermaak Net ‘n kort briefie om te sê VREESLIK BAIE DANKIE!!!!!!
Ek en my man, Sarel, was einde April op die Egpare Opvolgseminaar – what a blessing!!! Dit was amper soos ‘n tweede wittebrood!! Ons kom altwee saans baie moeg van die werk by die huis, en deur die gewoel van ons huishouding, het ons soms bitter min tyd vir mekaar! Naweke is soms erger!
Maar hierdie naweek in Middelburg was so spesiaal, want ons kon weer net op mekaar, en op God fokus, en ons behoeftes, en mekaar s’n, raaksien en saam gesels hoe om ons lewens te verander om meer tyd vir mekaar te hê! Die greatste van alles was die voorreg om as man en vrou SAAM die Here te kan dien, en te kan weet (en voel) ons harte klop saam vir Jesus!!!
Die persoonlikheidstoets was goud werd!!! Ek het nooit besef hoe verskillend, maar tog ook baie dieselfde ek en Sarel is nie.
|
|
|